Groei- of uitbreidingsteun aan entrepreneurs

Ongeveer 1.8m nuwe besighede word elke jaar in Suid-Afrika gestig. Slegs 1.4% van hulle oorleef langer as 3 jaar. Dws elke jaar faal 98.6% of 1.775m van bestaande besighede.

Hierdie uitermate hoë faalsyfer is volgens navorsing die gevolg van twee hoofoorsake.

  • Gebrekkige vermoëns om persoonlike finansies effektief te hanteer lei tot die oneffektiewe finansiële prestasie van ‘n entrepreneur se besigheid.
  • Gebrekkige insig in die gevolge van besigheidsbesluite op langtermyn finansiële prestasie.

Ten spyte van Staats-, kommersiële- en opvoedings-instansies wat biljoene Rande se opleidingskursusse vir entrepreneurs verskaf, faal hierdie besighede nogtans, omdat kritiese insigte en vaardighede wat benodig word om in die praktyk ‘n sukses van ‘n nuwe besigheid te kan maak, slegs in hoogs uitsonderlike gevalle in bestaande kursusse effektief ingebed word.

Mentorvennoot bied twee tipes steun aan entrepreneurs.

•     Werwing van ‘n mentor wat in die entrepreneur se eiesoortige behoeftes aan steun kan voorsien. Kliek hier vir die aansoekvorm vir ‘n mentor.

•     Deelname aan die “Snapkursus” wat kritieke praktiese insigte ontwikkel wat sukses in besigheid kan bepaal. Sien besonderhede hieronder. Om aansoek te doen vir die Snapkursus word dieselfde aansoekvorm vir ‘n mentor gebruik.

Vul in:

◦     Persoonlike inligting sodat u gekontak kan word om reëlings te tref vir bywoning van ‘n kursus.

◦     Onder die vraag “Wat is die probleem wat u ervaar en waarvoor u ‘n mentor nodig het?” vul slegs die woord “Snapkursus” in en geen verdere inligting daarna word benodig nie.

Snapkursus (Entrepreneurs snap wat besigheid werklik is wanneer hulle hierdie kursus bywoon)

Nagraadse medewerkers van Mentorvennoot het op grond van die primêre oorsake van besigheidsfaling ‘n kursus ontwikkel wat op stewige finansiële- en bestuursteorie gebaseer is maar wat so eenvoudig en plat-op-die-aarde verpak is dat ‘n spektrum van entrepreneurs wat dit al bygewoon het, vanaf ‘n geoktrooieerde rekenmeester aan die een end van die spektrum tot ‘n informele handelaar aan die ander end, dit insiggewend, waardevol en prakties gevind het. Hulle het ook ander insigte ontwikkel wat hulle self beskryf. (Vertaal uit Engels)

  • Ek sal hierdie program aan entrepreneurs aanbeveel maar ook aan studente in sakebestuur. Wat ek op universiteit geleer het, het eers sin gemaak in hierdie program.
  • Dit was ‘n absolute openbaring. Ek het altyd geweet dat my probleem finansies was en dit het hiervoor gehelp maar wat ons gedoen het was presies wat ek nie geweet het wat ek die meeste nodig het nie!
  • Dankie vir die interessantste werkswinkel wat ek nog bygewoon het. Die inligting wat verskaf is het vir my duidelike doelwitte gegee van hoe om my finansies te verbeter en hoe al my besluite my finansies beïnvloed. Die beste geld wat ek tot nog toe aan my besigheid bestee het.
  • ‘n Ongelooflike kursus – die eerste keer dat ek nie gevoel het dat ek totaal oorweldig word deur hierdie monster wat finansies genoem word nie. Bruikbare gereedskap, grootse insigte en werklik lekker.
  • Ek sal hierdie kursus aan ander entrepreneurs aanbeveel want dit is eenvoudig en resultate gerig … prakties en gerat vir entrepreneurs.
  • Ek hoor mense gereeld kla oor kontantvloei en finansiële bestuur en hierdie kursus help jou regtig om jou kop te swaai om hierdie faktore te kan beïnvloed.
  • Ek het skielik verstaan hoe my finansies vir my kan werk ipv hulle te vrees. Ek het besef dat dit pret kan wees ipv ‘n las.
  • Die kursus het aan my die geleentheid gebied om my besigheidstrategie te hersien, kapasiteitsontwikkeling op persoonlike vlak te doen en my finansiële prestasie te verbeter.
  • Ek sal hierdie kursus aan ander entrepreneurs aanbeveel want meeste entrepreneurs dink hulle het ‘n besigheid maar hulle weet nie eers of hulle wins maak of nie.

Die Snapkursus word as ‘n driedaagse inwoonkursus aangebied op ‘n plaas in Stellenbosch of ‘n fasiliteit in Houtbaai. Ander sentra kan ook oorweeg word indien getalle dit regverdig.

  • Die kursus word in drie modules aangebied: Persoonlike finansies, besigheidsimulasie en finansiële optimering.
  • Dit oefen entrepreneurs om self ‘n simulasiemodel van ‘n besigheid op so ‘n manier op te stel dat dit die gevolge wys van ‘n besigheidsbesluit op wins.
    • Dit is ‘n “inwoon”-kursus om te verseker dat die kernbeginsels behoorlik ingebed word.
    • Kursusse sal in Afrikaans of Engels of Xhosa aangebied word na gelang van bywoningsgetalle.
    • Kursusse word per geleentheid volledig of gedeeltelik deur Staats-, korporatiewe en privaat instansies geborg vir verdienstelike aansoeke. Tydens aansoek vir bywoning sal besonderhede verskaf word.
    • Korporatiewe tariewe is R2000 per dag, dws R6000 per kursus. Wegneem klasmateriaal is ingesluit in die prys.

Die kursus word aangebied deur ‘n maatskappy wat by die Dienste SETA geregistreer is en sertifikate word aan suksesvolle kandidate uitgereik.