Belangrik vir elkeen wat nou kinders tuis het

Hierdie gedagte kom vanuit Nederland (familie). Hulle sit met dieselfde onsigbare vyand.

“Beste ouers met skoolgaande kinders,

Met die skole wat tans vanweë die Corona-virus gesluit is, het jy waarskynlik die neiging om ’n stywe dag-tot-dag program vir jou kinders op te stel en om te sorg dat die kind “op datum” bly. Jy hoop op ure se leerwerk, aanlyn oefeninge, eksperimente en boekverslae. Jy gaan skemertyd beperk tot alles klaar is! Maar daar is iets baie belangrik……….

Ons kinders is op hierdie oomblik net so bang soos ons. Hulle beleef nie net alles wat met ons gebeur nie, hulle voel ook die konstante spanning en angs aan waarmee ons tans leef aan. Hulle het nog nooit so iets beleef nie (nie dat ons juis kenners op hierdie gebied is of hope ervaring hiervan het nie!) Ja, die idee van ’n lang vakansie is geweldig en lekker. Die werklikheid is egter daar dat hulle binnekort tuis moet bly en sonder vriende kan wees. Dieselfde geld vir ons en veral ons oumense in plekke van aftrede!

In die komende weke sal mens sien hoe al hoe meer gedragsprobleme ontstaan. Of dit nou angs of woede of protes is omdat hulle nie iets ‘normaal’ kan doen nie – dit gaan gebeur. Hulle gaan brandpunte (meltdowns) beleef, woedeaanvalle, en teen-die-stroom-op gedragspatrone in die komende weke openbaar. Dit is normaal en kan onder hierdie omstandighede verwag word.

Waar kinders nou ’n behoefte aan het, is om hulself veilig en geborge te voel. Die idee bestaan dat alles vorentoe weer goed sal gaan. Dit kan beteken dat jy jou perfekte program moet vergeet en jou kind ’n bietjie meer “kind” moet laat wees. Speel buite en gaan stap ver ente saam. Bak koekies en verf. Speel speletjies en kyk saam flieks. Doen saam ’n eksperiment of soek virtuele reise na museums of wildtuine (daar is legio voorbeelde op Youtube). Begin om ’n boek as gesin saam te lees. Kuier lekker onder ’n kombers of sit saam langs ’n vuurtjie of doen heeltemal niks nie. Praat oor jul binneste-goed!

Maak geen bekommernis oor die agterstand wat by die skool ontstaan nie. Alle kinders is in dieselfde bootjie en hulle sal ook hierdie agterstand maklik kan oorkom. Wanneer hulle terug is op die skoolbanke moet daar ’n koersaanpassing gemaak word om binne die skoolvlak te pas. Onderwysers is ekperts hierin.! Moet asb nie hieroor met hulle in ’n argument betrokke raak nie – moet asb nie baklei nie. Moenie op hulle skreeu wanneer die program nie gevolg word nie. Moenie hulle verplig om vir 2 ure te leer as hulle nie só daaroor voel nie.

As daar een ding is wat ons met mekaar kan deel is dit dat wanneer al hierdie onsekerheid verby is, die geestelike gesondheid van ons kinders veel meer belangrik is as die akademiese vlak waarop hy/sy moes gewees het. Hierdie onsekere gevoel en die gepaardgaande ondersteuning sal hulle veel langer bybly as die presiese program wat hulle oor die “vakansietyd” gedoen het.

Bly veilig en mooi loop.
Andries Domburg