Hiermee die inligting in verband met 2019 se Entreprepreneurkompetisie inskrywings.
- Ons het 73 suksesstories en inskrywings vir ons Entrepreneurkompetisie vanjaar ontvang
- Die gehalte en standaard is beduidend hoër as in 2018.
- Derhalwe is besluit dat die aantal finaliste verhoog word na 12 in plaas van 7 soos verlede jaar.
- Die leerders se besighede/suksesstories is in kategorië ingedeel en beoordeel
- Die finaal word vanjaar in Kaapstad aangebied saam met ons drie Snapspel wenskole se finaal.( Paulus Joubert, Oudsthoorn en Oos-Moot)
- Die geleentheid word deur Kaapstad se Burgemeester, Mnr Dan Plato gehuisves en geborg
- Datum: Saterdag 12 Oktober 2019
- Tyd: 8:00 tot 16:30
- Plek: Banketsaal, Burgersentrum, 6e vloer, Podiumblok, Hertzogstraat 12, Kaapstad.
Program: (klik om volledige program oop te maak)
- 8:00: Opening: Die Burgemeester.
- 8:30 tot 14:30: Snapspel finaal
- 14:30 tot 15:30: Entrepreneurs se besighede
- 15:30: Gasspreker
- 16:00: Prysuitdeling
- Die finaliste moet om 14:30 elkeen `n kort 5 -10 minute voordrag doen van hulle besighede en suksesstories. Hulle is welkom om die volle dagprogram by te woon maar moet by die geleentheid wees om 12:00. Middagete word voorsien
- Indien van die kandidate nie teenwoordig kan wees nie moet hulle `n ± 5 minute video van hulle besigheid maak en vir ons stuur wat tydens die geleentheid aan die gehoor gespeel sal word. Sien kontakbesonderhede onder.
- Die wenner word saam met die Snapspel skoolwenner die middag aangewys.
- Die finaliste ontvang elkeen `n trofee asook R 1000.
- `n Belangrike saak natuurlik ook is dat hulle moontlik raakgesien gaan word deur ander entrepreneurs in die gehoor wat toekoms moontlikhede kan inhou.
- Dan is daar ook die nodige mediablootstelling wat hulle gaan kry.
Reëlings:
- Al die kandidate wat uitstaande dokumentasie, inligting of bewyse nog moet indien moet dit voor 27 September doen
- Die finaliste moet ook voor 27 September bevestig of hulle die geleentheid sal bywoon of nie. Indien die finaliste vergesel word van ouers en familie moet ons ook die getalle hê voor 27 September asseblief
- `n Volledige program sal aan die finale groep bekend gestel word gedurende die eerste week van Oktober
Kontakbesonderhede:
info@mentorvennoot.co.za
082 4596316(sel nommer)
Baie dankie vir al die pragtige inskrywings en suksesstories. Dit is so moeilik om kandidate te moes uitlaat!!
Baie geluk aan die groep finaliste.
Daar is baie leerders wie se entrepreneursvaardigede belowend lyk. Hulle moet asseblief nie ophou nie. Ons hou graag kontak met die leerders in 2020.
Baie dankie vir elke skoolhoof en die onderwysers se aanhoudende motivering en raad vir die toekomstige entrepreneurs in julle skole.
Die Entrepreneur finaliste van 2019 is (volgens skole georden):
NAAM | HOËRSKOOL | GRAAD |
1 Melinda Groenewald | Fochville | 10 |
2 El-Marie Wilken | Diamantveld | 11 |
3 Edwill van Rooyen | Kylemore | 10 |
4 Lungile Mpika | Ligbron | 11 |
5 GJ Swart | Ermelo | 11 |
6 Stefan van Wyk | Outeniqua | 12 |
7 Hanna Loubser | Outeniqua | 11 |
8 Edmund Watson | Outeniqua | 10 |
9 Ruan Fourie | Outeniqua | 12 |
10 Owen Blauw | Oos- Moot | 11 |
11 Christopher van Zyl | Oos-Moot | 11 |
12 Ruan Klopper | Oos-Moot | 9 |
Reserwe lys:
Indien van bogenoemde kandidate weens redes sou kanselleer of toepaslike bewyse uitstaande is sal hulle onderskeidelik in hierdie volgorde vervang word met onderstaande kandidate.
NAAM | SKOOL | GRAAD |
1 Jurie Matthysen | Oos-Moot | 11 |
2 Andries Vermeulen | Outeniqua | 8 |
3 Anke Swart | Outeniqua | 11 |
4 Marcé Wentzel | Ligbron | 10 |
5 Cobus van Heerden en Charles Malherbe | Diamantveld | 11 |
6 Phabia Asia | Kylemore | 10 |
7 Suné Smit | Oos-Moot | 10 |
8 Jana van der Walt | Oos-Moot | 10 |