Vrae en Antwoorde

 

Wie en wat is Mentorvennoot?

Ons is ‘n Nie-Winsgewende Organisasie (OSW of NPO) wat jongmense bewus maak van Entrepreneurskap.

Watter programme bied MentorVennoot aan?
  • Snapspel
  • Entrepreneurklubs by skole
  • Mentorvennoot Verenigings in dorpe
  • Entrepreneurkompetisies
  • Onderwysersforum vir onderwysers
  • Leierskapontwikkeling by skole ( tans in beplanning)
Wat is die Snapspel?

Die Snapspel is ’n simulasie van werklike besigheidsomstandighede waar die gevolge van besigheidsbesluite wat onder druk geneem word en ook in finansiële terme gemeet word.

Wat sê die onderwysers van die spel?

Die Snap uitdaging is uiters gepas vir alle Hoërskool leerlinge wat belangstel in die besigheidswêreld. Die algemene gevoel van my leerlinge is dat hulle meer in een oggend geleer het, as in die hele jaar in die klas.

Wat sê die leerders?
  • Dit het my oë oopgemaak dat ’n mens alle geleenthede moet aangryp en nie bang moet wees om risiko’s te neem nie.
  • Dit was die beste program wat ek nog bygewoon het.
  • Absoluut fantasties!
  • Dit berei jongmense voor om ’n suksesstorie te maak
  • Dit het my ook laat besef dat ’n mens permanent hard moet werk.
  • Ek sal dit aanbeveel, want dit skep ’n veilige omgewing waar ’n mens kan leer en ervaar wat in die werklike besigheid gebeur.
Hoekom doen ons dit?

Volgens Dr Frans Cronje (verslag in Die Burger Augustus 2017) sal 2 uit elke 3 skoolverlaters in 2017 nie in die arbeidsmark werk kry nie.

Hoeveel gaan dit kos?

Daar is tans geen kostes aan verbonde nie! Die Snapspel word geborg deur Mentorvennoot.

Wat word van die skool verwag?

Die skool besluit wie die kinders is wat sal baat vind by die program, kies ’n geskikte datum en verskaf ’n lokaal.

Hoe lank duur die Snapspel?

Die Snapspel duur hoogstens ses uur en kan enige tyd in die week of naweek gedoen word.

Is daar prysgeld op die spel?

Ja, aan die einde van die jaar kroon ons ’n wenskool en ’n wenspan. Beide ontvang ten minste R6 000 en kry ook ’n trofee wat permanent in hulle vertoonkas sal kan staan.

Wat gebeur ná die Snapspel?

Die Snapspel is maar net ’n gedeelte van die groter MentorVennoot Entrepreneurskap Program. Leerders se behoeftes word aan skole bekend gemaak om op te volg.

Ons het reeds ’n entrepreneursprogram, kan ons dus nog steeds aan die Snapspel deelneem?

Natuurlik!!

Ek het ’n entrepreneuriese sukses storie. Hoe skryf ek in?

Inskrywingsvorms kan op die volgende maniere ingehandig word:

  • Laai die inskrywingsvorm hier af:
  • Epos dit na: info@mentorvennoot.co.za, of
  • WhatsApp met ’n duidelike foto van die voltooide inskrywingsvorm, na 082 459 6316.
Kan ek meer as een inskrywing instuur?

Ja. Die kwalifiserende kriteria vir die eerste storie is R200 wins, 2de storie = R400 wins, 3de storie = R800 wins, 4de sorie = R1600 wins ...

Hoe kom ek in aanmerking om een van die entrepreneur van die jaar finaliste te wees?

’n Paneel van kenners sal al die inskrywings evalueer en die beste inskrywings selekteer as entrepreneur van die jaar finaliste.

    Ons skool het nie ’n entrepreneurklub nie.

    Mentorvennoot kan help om een te stig.

    Wie kan my help met my besigheid en entrepreneuriese idees? Hier in ons dorp weet ek van niemand nie.

    MentorVennoot kan in jou dorp ’n vereniging help stig en kundiges identifiseer om jong entrepreneurs te ondersteun.

    Waar kry ek al die nodige inligting?

    Kontak ons by info@mentorvennoot

    Hoe sluit die Snapspel - en Entrepreneuskompetisies by mekaar aan?

    Klik hier om 'n diagram af te laai wat dit uiteensit.